Feit of Mite? Kollageen is net belangrik vir ‘n gesonde en gladde vel…
Kollageenpeptiede, of peptan soos dit beter bekend staan, is gehidroliseerde kollageen wat die optimale opname van kollageen moontlik maak. Dus kry jy beter resultate, baie vinniger!
Waar kom kollageen voor in my liggaam?
- 90% van die sklera of die wit van jou oog
- 80% van jou gewrigte
- Tot soveel as 80% van jou vel
- 60% van alle kraakbeen
- 30% van jou bene en tot 10% van jou spiere. Jy kan nie nuwe bene vorm sonder kollageen nie, dis net so belangrik soos magnesium en kalsium in die beenvormings proses. Dit beteken natuurlik dat kollageen ook ‘n rol speel in die voorkoming van osteoporose…
Hoekom onstaan daar ‘n kollageen tekort in my liggaam?
- ‘n Vitamien C tekort veroorsaak ‘n tekort aan kollageenproduksie.
- Rook sowel as sekondêre rook en lugbesoedeling belemmer kollageenproduksie.
- Blootstelling aan spanning, ‘n tekort aan slaap, hoë bloedruk en diabetes veroorsaak ‘n afname in beenkwaliteit wat kollageen produksie onder druk sit.
- Soos jy ouer word, neem jou kollageenproduksie ook af.
Kollageen is noodsaaklik vir jou oë, bene , kraakbeen, gewrigte, spiere en vel. Studies toon dat ten minste 5gr kollageen nodig is per dosering. BMB bied 9gr per dosering. Verdere studies bewys dat die inname van kollageen d.m.v. ‘n vloeistof beter is as deur room of kapsules.
Kollageen help vir kwale soos kardiovaskulere probleme, lekkende dermsindroom, verlig knie- en gewrigpyn en versterk ook jou vel, naels en hare.
In verdere studies is getoon dat met so min as 2.5gr gehydroliseerde peptan, 25 vrouens tussen die ouderdom van 35 tot 55 binne 4 weke ‘n daadwerklike verskil op hul velle gewaar het. Die mees positiewe resultate was in die ouer groep, omdat hulle kollageen reserwes verder afgeplat was as die van jonger vrouens.
Elke roumateriaal in BMB Kollageen het ‘n unieke doel.
Vele studies is op die materiale gedoen en elke bestanddeel speel ‘n belangrike rol in BMB se doeltreffendheid en die vinnige resultate wat bereik word:
Ko Ensiem Q10
- Ko Ensiem Q10 is ‘n baie bekende anti-oksidant in die skoonheidskringe. Dit voorsien jou selle van die energie wat nodig is om hulle funksies te kan verrig – die energie is nodig sodat jou selle beskadigde selle herstel kan word en gesond bly.
- Ko Q 10 beskerm teen sonstrale – sonstrale is die vinnigste oorsaak van velveroudering.
- Ko Q 10 vernuwe jou selle deur optimale selaktiwiteite te bevorder (soos om van toksienes ontslae te raak) en verbeter die opname van noodsaaklike nutriënte. Soos jou vel verouder neem die sel-funksies af en word jou vel dunner… en dan is daardie fun ploootjies ook meer sigbaar
- Ko Q 10 stimuleer ook die vorming van kollageen.
- Ko Q 10 is een van die sterkste anti-oksidante om oksidatiewe beskadiging te minimaliseer. Of dit die son, toksienes, stress of besoedeling is, Ko Q 10 is jou antwoord teen oksidatiewe beskadiging van jou vel, sowel as die liggaam.
Askorbien suur/Vitamien C
- Vitamien C is ‘n baie sterk anti-oksidant en versterk die immuunsisteem van jou vel.
- Vitamien C is belangrik vir die vervaardiging van kollageen – Sonder vitamiene C kan kollageen nie vervaardig word nie, dus lei ‘n vitamien C tekort tot ‘n kollageen tekort.
- Vitamien C verbeter die algehele voorkoms van jou vel, sowel as die gladheid en eenvormigheid van jou vel se voorkoms.
Sink
- Sink versnel die gesondmakings-proses van jou vel na beskadiging.
- Sink help om puisies te verminder deur jou oliekliere te reguleer.
- Sink bevorder ‘n gesonde immuunsisteem en die herstel van weefsel.
- Sink is ‘n sterk anti-oksidant wat die skade van vrye radikale beperk.
L-Carnosine
- Studies wys dat L-Carnosine die enigste antioksidant is wat werklik chromosome beskerm teen oksidatiewe skade
- Ons liggame bestaan uit selle wat hulleself verdeel. Daar is genetiese limiete wat die verdeling beperk – sodra verdeling nie meer plaasvind nie, sterf die ligaam.
- L-Carnosine vernuwe selle en stel hulle in staat om meer te verdeel, wat lei tot selle wat langer leef.
Om op te som:
Kollageen is belangrik vir my oë, bene, kraakbeen, gewrigte, spiere sowel as my vel. Nie net vir my vel nie!