Daar is ‘n groot misverstand/wanpersepsie oor kollageen versus gelatien. Wat is die verskil tussen die 2 produkte nou eintlik?
Lees gerus verder vir al die antwoorde…
Die begin-proses van altwee is presies dieselfde. Dit word met ander woorde uit dieselfde roumateriale gemaak. Die grootste verskil is dat gelatien nie opneembaar is nie. Dit word tot ‘n mate opgeneem, maar glad nie so goed nie.
Wanneer gelatien verder verwerk word, kry jy kollageen. Wanneer kollageen nog verder verwerk word (om die opname daarvan te optimaliseer) kry jy “peptides” of “peptan”, soos wat in BMB Kollageen voorkom. Dit staan ook bekend as gehidroliseerde kollageen. Daar is dus ‘n verbetering in opname van gelatien na kollageen toe, en nog ‘n verdere verbetering in opname van kollageen na peptan ( gehidroliseerde kollageen) toe.
‘n Groot wanpersepsie is dat kollageen net vir dames se velle, hare en naels nodig is. Dis glad nie die geval nie!
- 90% van die wit van jou oog bestaan uit kollageen.
- 80% van jou gewrigte is kollageen.
- 70-80% persent van jou vel is kollageen.
- 60% van alle kraakbeen is kollageen.
- 30% van al jou been is kollageen
- Tot 10% van al jou spiere bestaan uit kollageen.
Die uitdaging is as volg: Hoe ouer jy word, hoe minder kollageen word vervaardig. Met ander woorde, alles hierbo genoem raak swakker… Jy begin sukkel met jou sig; jou gewrigte, spiere en bene raak swakker; jou vel begin plooitjies kry… Die lys gaan net aan en aan!
So wat het jy nodig? ‘n Kollageen aanvulling!
Belangrik: Dit help nie jy gebruik ‘n produk waarvan die kollageen opname net 10% is, terwyl jy kan belê in ‘n produk waarvan die kollageen opname tussen 90-95% kan wees nie.
BMB Kollageen is gepatenteer omdat ons ’n ordentlike, effektiewe produk op die mark gesit het. Meeste studies toon dat ‘n poeier beter opgeneem word as enige kapsule of ‘n room. Dis hoekom BMB Kollageen in poeiervorm is. Dis ‘n heerlike, smaaklike drankie wat in koue water aangemaak word. Die rede vir koue water is sodat dit nie die aminosuurbinding skade doen soos met gelatien wat in warm water gemeng moet word nie.
Tweedens het ons ander top roumateriale bygevoeg, wat maak dat dit ‘n ongelooflike goeie kwaliteit produk is: Vitamiene C, sink, Ko-Ensiem Q10 en L-Karnosien.
Wat baie belangrik is vir enige kollageen produk, is dat dit Vitamiene C moet bevat. Sonder Vitamiene C kan kollageen nie opgeneem word nie. Een van die oorsake van ‘n afname in kollageenproduksie in jou liggaam, is juis ‘n Vitamiene C tekort.
‘n Volgende bestanddeel is sink. Sink is ongelooflik belangrik vir die gesondheid van jou vel. Dit dra ook by tot die versterking van jou vel se immuunsisteem – met die gevolg dat ‘n tekort aan sink kan lei tot aknee. (Kollageen is dus ‘n wonderlike produk vir tieners met probleemvelle!)
Die volgende twee produkte is die rede hoekom BMB Kollageen gepatenteer is: Ko-Ensiem Q10 en L-Karnosien.
Hoekom is die kombinasie van hierdie twee produkte so belangrik?
Elke keer wanneer ‘n sel in jou liggaam verdeel, word die sel swakker en swakker, tot dit nie verder kan verdeel nie, en jou orgaan doodgaan… wat later natuurlik jy is wat doodgaan. Wat Ko-Ensiem Q10 se rol is, is om energie te verskaf elke keer wanneer jou sel verdeel. Sien die selverdeling amper soos ‘n ontploffing wat plaasvind. Gewoonlik maak die ontploffing die sel swakker, maar wat Ko-Ensiem Q10 doen is om daardie ontploffing te gebruik om sel-energie te verskaf. Die gevolg daarvan is dat die selle nie meer so vinnig verswak nie.
Aanvullend tot bogenoemde proses, is die rol van L-Karnosien dan om selverdeling aan te moedig en te vermeerder. In ‘n studie is epidermale selle van die vel geneem en in twee toetsgroepe verdeel: Toetsgroep 1 se selle is in silaanwater geplaas en toetsgroep 2 se selle in ‘n L-karnosien oplossing. Die selle in die silaanwater oplossing het 126 dae geleef, terwyl die selle in die L-Karnosien oplossing nog 417 dae geleef het! Die selle se leeftyd is dus met 300% verleng deur die toevoeging van L-Karnosien.
Studies het getoon dat jy 4-5 gram kollageen per dossering moet inneem vir maksimum resultate, en ons het reeds genoem dat ‘n poeier die beste opgeneem word. Indien jy dus kollageen in kapsulevorm wil inneem, sal jy 12 – 15 kapsules op ‘n slag moet neem om daardie hoeveelheid te kan inneem. BMB Kollageen bevat 9 gram kollageen per dossering! Die rede hiervoor is eenvoudig – Ons produk is hoë kwaliteit. Ons wil nie hê kliënte moet dit vir 6 maande drink voor hulle eers kan agterkom of dit werk nie. Baie van ons kliënte ervaar al ‘n verskil in so min as drie weke – die eerste tekens is nuwe haargroei, fyn plooitjies op die gesig begin verdwyn, en mense wat gereeld hul naels laat doen het ons laat weet hulle moet die tye tussen hulle afsprake drasties verminder.
BMB Kollageen is verpak in 30 individuele sakkies – een vir elke dag van die maand. Maak elke oggend (verkieslik voor 12:00) vir jou ‘n sakkie in ‘n lekker groot glas met koue water aan – roer goed en geniet!
Waar kry jy BMB Kollageen?
- Koop direk deur ons webwerf – KLIEK HIER.
- Koop deur Takealot – KLIEK HIER
- Bestel per epos – madeleen@starchoicemarketing.co.za
- Gesels met ons – 012 546 8937
Die koste is R485 vir ‘n maand se voorraad.